Sonam Gyatso

Sonam Gyatso
Die 3de Dalai Lama, Sonam Gyatso.
Die 3de Dalai Lama, Sonam Gyatso.
Tibettaans བསོད་ནམས་རྒྱ་མཚོ་
Transliterasie bsod nams rgya mtsho
Titel 3de Dalai Lama
Voorganger Gendun Gyatso
Opvolger Yonten Gyatso
Gebore 1543
Oorlede 1588
Ouderdom 44-45

Sonam Gyatso (Tibettaans: བསོད་ནམས་རྒྱ་མཚོ་; 1543–1588) was die eerste persoon wat as Dalai Lama erken en bekragtig is, hoewel die titel terugwerkend aan sy twee voorgangers toegeken is.

Hy is in 1543 naby Lhasa gebore; hy is erken as die reïnkarnasie van Gendun Gyatso en kort daarna bekragtig[1] deur Panchen Sonam Dragpa, die 15de Ganden Tripa. Sonam Gyatso het aan die Drepung-klooster studeer en die klooster se ab geword. Sy politieke mag en dié van die Gelug-skool het teen die 1570's prominent in Tibet geword.[2]

  1. "tbrc.org: dge 'dun rgya mtsho". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2009. Besoek op 18 September 2015.
  2. Laird, Thomas (2006). The Story of Tibet: Conversations with the Dalai Lama. Grove Press, N.Y. ISBN 978-0-8021-1827-1

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy